BALLADE VAN 'N BANGGAT


Ballade van ‘n Banggat is die tweede in die reeds wat handel oor persoonlikheidstipes.

Hou jy van jouself, maar daar’s aspekte van jou wat jy haat? Banggat handel oor die mens se behoefte om homself te aanvaar en sy strewe om te verander.

Waar Windgat oor die onderwerp van persoonlikheidstipes handel, neem Banggat die vraag na identiteit onder oë. “Ek is gatvol om ‘n banggat te wees, help my!” is die kreet van die banggat. Hy kyk na die hardegat, slapgat en windgat en beny hulle hul ‘maklike’ bestaan. Hy, daarenteen, is soos ‘n hamster in ‘n hok, en dié hok se naam is vrees.

Die kyker word meegevoer in die banggat se nederlae en sy uiteindelike oorwinning. Jy kan identifiseer met die situasies en emosies wat uitgebeeld word, en/of kan jy ander om jou herken as mede-resigers op soek na wie en wat hulle werklik is.

Ballade van ‘n Banggat is ‘n voel-goed produksie wat hoop bring vir banggatte en vir almal van ons.


Your Name (required)

Your Email (required)

Subject
Ballade van 'n Banggat

Your Message