DIE WAARSEER

(Gegrond op die waarheid)

Dis ongeveer 1950 - 60. Kiewiet Vogel is ‘n middeljarige alkoholis en nutsman van die dorp. Niemand neem van Kiewiet notisie nie, en almal onderskat sy intelligensie en waarnemingsvermoë. Maar oral waar hy werkies doen, sien en hoor hy.

Dan kom die sirkus vir ‘n week lank tent opslaan net buite die dorp. Die waarsêer van die sirkus kry egter ‘n toeval, en deur ‘n sameloop van omstandighede val die mantel (en tulband en baard) van waarsêer op ... Kiewiet.

Die dorpenaars kom besoek die waarsêers-tent, en Kiewiet is ‘n onmiddelike sukses. Hy ken die dorp se geheime, hul sondes en begeertes. By die waarsêer se kristalbal kom die dorp se storielyne bymekaar. Kiewiet konfronteer mense met hulleself, druk sy vinger op die vrot kolle, gee selfs raad.

Niemand weet natuurlik dat dit maar net Kiewiet is nie.

Hoe die res van die storie ontvou, sal by inniBOS 2015 aan die lig kom. Die Waarsêer is vanjaar inniBOS se groot opdrag produksie.

David Rees, Hannes Brümmer, Heidi Mollentze en Andre Stolz speel onder andere in Die Waarsêer. Kom kyk...



Bespreek deur Computicket