JOU GAT MY SKAT


Jou gat my Skat! is die derde in die ry van die ‘gat’-komedies, maar hierdie keer is dit ‘n twee-persoon storie. Dis die verhaal van twee teenoorgesteldes, Harda die hardegat vrou en Slappie die slapgat man. Hulle is deurgaans in interaksie met mekaar waartydens die kenmerke van onderskeidelik die slapgat en die hardegat na vore kom. Dis hierdie natuurwet dat teenoorgesteldes mekaar aantrek, wat vir oneindige humoristiese situasie sorg waarmee elkeen in die gehoor kan identifiseer. Elkeen van ons het immers iets van of die harde- of die slapgat in ons. Om gehoorbetrokkenheid verder te verhoog praat die twee ‘gatte’ deurgaans met die gehoor – om simpatie vir hul styd met die ander ‘gat’ te werf.

Soos die vorige twee stukke is Jou gat my Skat! komedie met diepte. Dis wil mense met ‘n groter insig oor die lewe en oor menswees laat, sonder om pedanties te wees. Dit is ook sonder enige twyfelagtige tonele en is vloekwoordvry.


Your Name (required)

Your Email (required)

Subject
Jou gat my Skat

Your Message