Welkom by Windgat Produksies

Produksie- en Bemarkingsmaatskappy

Wie en wat is ons?

Ons Naam

Ons is ‘n dinamiese jong maatskappy wat Afrikaanse produkte vir die verhoog lewer. Ons glo dat kuns (en by name die teater) ‘n fenominale instrument is om mense te verryk, uit te daag en hoop te gee. Dit als gebeur terwyl ons jou wil vermaak met skoon humor en kwaliteit produkte. Ons is reeds vir vier jaar besig om die Suid-Afrikaanse toneelwêreld te verryk met verskeie shows. En ons het nou eers vlamgevat! En: ons visier is veel wyer gestel as net die verhoog...
Ons noem onsself ‘Windgat Produksies’ omdat ons produkte windgat is – vol energie, oorspronklikheid en woema. Pla die woord ‘windgat’ jou? Dit hoef nie. Die woord ‘gat’ is die mees gebruikersvriendelike woord in die Afrikaanse taal. Dis geen vloek- of skelwoord nie. ‘Gat’ beteken doodeenvoudig ‘mens’, soos in ‘windgat’ of ‘armgat’ of ‘kortgat’; en ‘gat’ is deel van talle idiomatiese uitdrukkings soos ‘jou gat afskrik’ of ‘gat skoonmaak’ of ‘jou gat sien’.

Maar dis nie al nie! Ons ontdek toe dat ‘GAT’ kan ook staan vir:


Dankie vir jou besoek aan WINDGAT PRODUKSIES.

ja;slkdfjas .